ELKE DAG KAN ‘N OPWINDENDE AVONTUUR WEES VIR DIE CHRISTEN wat die werklikheid, om met die Heilige Gees vervul te wees ken, en oomblik na oomblik onder Sy genadige beheer lewe.

Die Bybel leer ons dat daar drie soorte mense is:

1. DIE NATUURLIKE MENS (lemand wat Christus nog nie aangeneem het nie)

(lemand wat Christus nog nie aangeneem het nie)

Natural Man DIEEGOSENTRIESE LEWE
S SELF is op die troon
cross Christus is buite die lewe 
dot Belange word deur self beheer wat dikwels tot konflik en frustrasie lei

„Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie: want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie omdat dit geestelik beoordeel word.” (1 Kor. 2:14)

2. DIE GEESTELIKE. MENS

(lemand wat deur die Helilge Gees beheer en met krag toegerus word) 

law4.2.gif (4586 bytes) CHRISTUSBEHEERDE LEWE

CHRISTUS is deel van die lewe en op die troon van die lewe

Self is onttroon

Belange word deur Christus beheer wat lei tot harmonie met God se plan

„Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge . . .” (1 Kor. 2:15).

3. DIE VLEESLIKE MENS Carnal Man

(lemand wat Christus wel aangeneem het, maar geen oorwinning smaak nie omdat hy op sy eie pogings staatmaak om die Christelike lewe te lewe.)

law4.5.gif (4425 bytes) SELFBEHEERDE LEWE 
S SELF is op die troon 
cross Christus onttroon en beheer nie die lewe nie .
dot Belange wat deur die self beheer word het dikweis konflik en frustrasie.

„En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met Geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spyse hie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vteeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslike nie en wandel julle nie na die mens nie?” (1 Kor. 3: 1-3) 


1. GOD HET VIR ONS VOORSIENING GEMAAK VIR 'N OORVLOEDIGEEN VRUGBARE CHRISTELIKE LEWE

Jesus het gese: „Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan he.” (Joh. 10:10).

„Ek is die wynstok, julle die lore. Wie, in My bly, en Ek in horn, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” (Joh. 15:5)

„Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.” (Galasiers 5:22,23). 

„.. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde”. (Hand. 1:8)

Die geestelike mens (enkele persoonlike eienskappe wat die vrug is van 'n mens se vertroue in God)

DIE GEESTELIKE MENS IS:

    Lewe is Christus gesentreerd

    Bekragtig deur die Heilige Gees

    Lei ander tot bekering

    Het ‘n betekenisvolle gebedslewe

    Verstaan God se woord

    Vertrou God

    Is aan God gehoorsaam

law4.2.gif (4586 bytes)

Liefde

Vreugde

Vrede

Geduld

Vriendelikheid

Getrouheid

Goedhartigheid

Nederigheid

Die mate waarin hierdie eienskappe in die lewe van 'n Christen voorkom berus op die mate waarin Jesus Christus op elke lewensterrein vertrou work, asook op sy volwassenheid in Christus. Die Christen wat nou eers die werking van die Heilige Gees begin begryp, hoef nie ontmoedig te word Indien hy nie so vrugbaar is as die meer volwasse Christen, wat reeds oor 'n langer tydperk hierdie waarheid geken en ondervind het, nie. 

Waarom ondervind die meeste Christene nie 'n oorvloedige lewe nie? 


2. Vleeslike Christene kan nie ’n oorvloedige en vrugbare Christelike lewe lei nie

Die vleeslike mens maak op sy eie pogings staat om 'n Christelike lewe te lei:

  1. Hy is óf onkundig, óf het van God se liefde, vergifnis en krag vergeet (Romeine 5:8-10; Hebreërs 10:1-25;1 Johannes 1-1 Johannes 2:1-3;
    2 Petrus 1:9; Handelinge 1:8).
  2. Hy het 'n op en af geestelike ervaring.
  3. Hy kan homself nie verstaan nie - hy wil doen wat reg is maar kan nie.
  4. Hy vertrou  nie op die krag van die Heilige Gees om 'n Christelike lewe te lei nie (1 Korintiërs 3:1-3; Romeine 7:15-24; Galasiërs 5:16-18)

Sommige of al hierdie eienskappe sal waar wees van die Vleeslike Mens - die Christen wat God nie ten volle vertrou nie

Onkunde met betrekking tot sy geestelike erfenis

Ongeloof Ongehoorsaamheid

Gebrek aan liefde vir

God en ander mense

Gebrekkige gebedslewe

Geen begeerte vir

Bybelstudie nie

law4.5

Wettiese gesindheid

Onreine gedagtes

Jaloesie
Skuldgevoelens
Bekommernis
Moedeloosheid
Kritiese gees
Frustrasie
Koersloosheid

 

(Die persoon wat sê dat hy 'n Christen is, maar wat in sonde volhard, moet besef dat hy moontlik nie 'n Christen is nie volgens 1 Johannes 2:3; 3:6, 3:9; Efesiërs 5:5). Kliek hier om uit te vind of jy 'n Christen is.

Die derde waarheid gee die enigste oplossing vir hierdie probleem...


3. Jesus Belowe aan ons die Oorvloedige en Vrugbare Lewe wanneer jy Vervul (Beheer en Toegerus) is met die Heilige Gees

Die Geesvervulde lewe is die Christusbeheerde lewe; wanneer Christus Sy lewe, deur die krag van die Heilige Gees, in en deur ons lewe (Johannes 15).

  1. Iemand word 'n Christen deur die werking van die Heilige Gees volgens  Johannes 3:1-8. Van daardie oomblik af (wedergeboorte), lewe die Heilige Gees altyd in jou (Johannes 1:12; Kolossense 2:9, 2:10; Johannes 14:16-17). Alhoewel die Heilige Gees in alle Christene woon, is alle Christene nie voortdurend vervul (beheer en toegerus) met die Heilige Gees nie.

  2. Die Heilige Gees is die bron van die oorvloedige lewe (Johannes 7:37-39).

  3. Die Heilige Gees het gekom om Christus te verheerlik (Johannes 16:1-15).  Iemand is 'n ware dissipel van Christus as hy met die Heilige Gees vervul is.

  4. In Sy laaste opdrag voor Sy hemelvaart, belowe Christus die krag van die Heilige Gees aan ons sodat ons Sy getuies kan wees (Handelinge 1:1-9).

Hoe kan ons deur die Heilige Gees vervul word?


4. Ons kan deur die Heilige Gees vervul word deur geloof; slegs dan kan ons die oorvloedige en vrugbare lewe ervaar wat Christus belowe het.

Jy kan nou vervul word met die Heilige Gees as jy:

  1. Werklik die begeerte het om deur die Heilige Gees beheer en toegerus te word (Matteus 5:6; Johannes 7:37-39).

  2. Jou sondes bely. Dank God in die geloof dat Hy al jou sondes vergewe het - die van die verlede, hede en toekoms - omdat Christus vir jou gesterwe het (Kolossense 2:13-15; 1 Johannes 1; 2:1-3; Hebreërs 10:1-17).
  3. Elke area van jou lewe aan God oorgee (Romeine 12:1-2).
  4. Eien deur geloof die vervulling met die Heilige gees toe, volgens:

    1. Sy Opdrag - Wees vervul met die Heilige Gees. "Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard.  Nee, laat die Gees julle vervul" (Efesiërs 5:18).

    2. Sy Belofte - Hy sal ons altyd antwoord as ons volgens Sy wil bid. "En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, ek weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra"
    (1 Johannes 5:14, 15).

Gebed gee uiting aan geloof...


Hoe om in geloof te bid om met die Heilige Gees vervul te word

Ons word deur geloof met die Heilige Gees vervul. Opregte gebed is een manier om uitdrukking aan jou geloof te gee. Die volgende gebed dien as voorbeeld:

"Liewe Vader, ek het U nodig. Ek bely dat ek teenoor U gesondig het deur my eie lewe te beheer. Dankie dat U my sondes vergewe het deur Christus se dood aan die kruis. Ek nooi U uit om opnuut die troon van my lewe te beheer. Vul my met die Heilige Gees soos U beveel het en ook belowe het in U woord om te doen, as ek in geloof daarvoor vra. Ek bid dit in die naam van Jesus. As uitdrukking van my geloof dank ek U nou dat U my lewe beheer en my met die Heilige Gees vervul het."

Is hierdie gebed die begeerte van jou hart? As dit is, bid dit nou en vertrou dat God jou nou met die Heilige Gees vervul het.

Hoe om te weet dat jy gevul (beheer en toegerus) is met die Heilige Gees

Het jy God gevra om jou met die Heilige Gees te vul? Hoe weet jy dat jy nou deur die Heilige Gees gevul is? Op grond van die geloofwaardigheid van God en Sy Woord: Hebreërs 11:6; Romeine 14:22, 23.) Moenie op gevoelens staatmaak nie. Ons waarborg is gebaseer op die beloftes van God se Woord en nie op ons gevoelens nie. Die Christen lewe deur die geloof (vertroue) in die geloofwaardigheid van God en Sy Woord. Hierdie treindiagram illustreet die vehouding tussen waarheid (God en Sy Woord), geloof (vertroue in God en Sy Woord) en gevoel (die gevolg van ons geloof en gehoorsaamheid) (Johannes 14:21).

diagram 6

Die trein sal met of sonder die kondukteurswa ry. Dit sou egter dwaas wees om die trein deur die kondukteurswa te probeer trek. Net so vertrou ons as Christene nie op ons gevoelens en emosies nie, maar ons plaas ons geloof (vertroue) in die betroubaarheid van God en die beloftes in Sy Woord.


Hoe om in die Gees te Wandel

Geloof (vertroue in God en Sy beloftes) is die enigste manier waarop 'n Christen 'n Geesvervulde lewe kan lei. Soos jy leer hoe om Christus meer te vertrou sal:

  1. Jou lewe meer en meer die vrug van die Heilige Gees openbaar (Galasiërs 5:22-23), en sal jy al hoe meer aan die beeld van Christus gelykvormig word (Romeine 12:2; 2 Korintiërs 3:18).
  2. Jou gebedslewe en Bybelstudie sal meer betekenisvol wees.
  3. Jy sal God se krag ondervind wanneer jy getuig (Handelinge 1:8).
  4. Jy sal toegerus wees vir die geestelike stryd teen die wêreld
    (1 Johannes 2:15-17); teen die vlees (Galasiërs 5:16-17); en teen Satan (1 Petrus 5:7-9; Efesiërs 6:10-13).
  5. Jy sal God se krag ondervind om versoekings en sonde te weerstaan (1 Korintiërs 10:13; Fileppense 4:13; Efesiërs 1:19-23; 2 Timoteus 1:7; Romeine 6:1-16).

Geestelike Asemhaling

Deur geloof kan ons aanhou om God se liefde en vergifnis te ervaar.

Indien jy bewus word van enige area in jou lewe ('n gesindheid of 'n daad) wat onaanvaarbaar is vir die Here, terwyl jy begeer om 'n Geesvervulde lewe te lei en om Hom te dien, dank Hom dat Hy slegs op grond van Christus se dood jou sondes (van die verlede, hede en toekoms) reeds vergewe het. Eien Sy liefde en vergifnis toe en gaan voort om in gemeenskap met Hom te lewe.

As jy weer beheer neem van die troon van jou lewe deur sonde - 'n daad van ongehoorsaamheid - haal geestelik asem

Geestelike asemhaling ("uitaseming" van die onreine en "inaseming" van die reine) is 'n geloofsoefening waardeur jy voortdurend God se liefde en vergifnis kan ervaar.

1. Uitaseming - bely jou sonde - stem saam met God dat dit sonde is en dank Hom vir Sy vergifnis volgens 1 Johannes 1:9 en  Hebreërs 10:1-25. Belydenis sluit ook berou in - 'n verandering in gesindheid en optrede.

2. Inaseming - gee die beheer van jou lewe terug aan Christus en laat die Heilige Gees jou deur geloof ten volle beheer.  Vertrou dat Hy nou in beheer van jou lewe is en jou bekragtig op grond van sy opdrag in Efesiërs 5:18, en sy belofte in 1 Johannes 5:14-15.

Jy sal hierdie belangrike ontdekking met iemand wil deel...

Indien hierdie bladsye vir jou betekenisvol en van hulp was, deel dit asseblief met iemand anders.

Miljoene kopieë van die boekie "Het u al die Wonderlike Ontdekking van die Geesvervulde Lewe gemaak?" is al in die meeste van die hooftale in die wêreld versprei. Die gevolg is dat duisende Christene geleer het hoe om die krag en beheer van die Heilige Gees oomblik na oomblik te ervaar. Deur die oorvloedige lewe wat Christus beloof, en wat hulle nou ervaar, het hulle geleer hoe om hulle geloof meer effektief met ander te deel. Ondervinding het die geldigheid van Christus se opdrag aan sy dissipels bevestig dat hulle moes wag totdat die Heilige Gees hulle bekragtig het, voordat hulle sou voortgaan met die verspreiding van die Goeie Nuus (Evangelie) van Sy liefde en vergifnis. Meeste Christene wil, wanneer hulle hierdie waarheid aangaande die Heilige Gees leer, Christus met ander deel en sodoende help met die uitvoering van die Groot Opdrag in ons geslag.